top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Byna 7 000 wilde katte is in en om Bloemfontein gesteriliseer

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
8 hours ago
1 min read

Byna 7 000 wilde katte in en om Bloemfontein is reeds deur die nie-winsgewende organisasie Feral Cat Care gesteriliseer.


Die organisasie sê aan Rosestad-nuus die groot getal is die resultaat van jare se werk om wilde katkolonies te bestuur en die groei van katbevolkings te beperk.


Daar word tans veral versoeke van plase, besighede en staatsbasisse, waaronder hospitale en weermagterreine, dorpe buite Bloemfontein ontvang.


Feral Cat Care help nie net met sterilisasies nie. Hulle help met jong katjies wat sonder hulp nie sou oorleef nie.


Hoe werk dit?


Die proses begin wanneer ’n kolonie wilde katte geïdentifiseer word. Katte word met behulp van vanghokke gevang en na ’n veearts geneem vir sterilisasie. Ná die prosedure word hulle teruggeplaas in die gebied waar hulle gevang is.


Volgens Feral Cat Care is sterilisasie die belangrikste manier om die groei van wilde katkolonies te beheer.


Ongesteriliseerde katte kan gereeld nuwe werpsels voortbring, wat veroorsaak dat kolonies vinnig groter word.

Die organisasie sê die behoefte aan hulp is steeds groot, terwyl geld en vervoer ’n uitdaging bly.


Daar is tans ook sowat 30 jong katjies Feral Cat Care versorg en met die hand grootgemaak word.

Mense wat wilde katte gewaar kan met Feral Cat Care in verbinding te tree om hulle laat steriliseer voor die kolonie groei.


Die organisasie sê die werk gaan uiteindelik daaroor om katbevolkings op ’n verantwoordelike manier te bestuur en terselfdertyd die diere se welstand te beskerm.

Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
 
 
 

Comments


bottom of page