Cachalia is ontsteld oor onthullings by die Madlanga-kommissie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 day ago
- 1 min read
Die waarnemende polisieminister, Firoz Cachalia, het kommer uitgespreek oor onthullings by die Madlanga-kommissie rakende die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie (Idac).
Dit volg nadat die Nasionale Vervolgingsgesag Vrydag onvoorwaardelik die aanklagte van bedrog en korrupsie teen sewe misdaadintelligensiebeamptes teruggetrek het.
Die beamptes sluit luitenant-generaal Dumisani Khumalo in, wat sal voortgaan om die afdeling en die Politieke Moord-taakspan te lei.
Die terugtrekking volg op getuienis voor die kommissie, waar Idac-aanklaers kommer uitgespreek het oor die amptenare se inhegtenisnemings.
Cachalia sê hy is ontsteld oor die omvang van die beweerde korrupsie wat by die kommissie blootgelê is.
LUISTER HIER:








Comments