top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Cachalia onthul miljoene word aan polisielede betaal wat strafregtelik aangekla is

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
2 days ago
1 min read

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het R115,57 miljoen aan 767 SAPD-lede betaal wat strafregtelik aangekla is.


Dit is volgens die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, in antwoord op ’n parlementêre vraag oor polisielede wat by onwettige bedrywighede soos korrupsie, georganiseerde misdaad, dwelmhandel, afpersing en ontvoering betrokke is.


Newsday berig Cachalia sê SAPD-lede is van korrupsie en regsverydeling aangekla, maar geen SAPD-lede is in verband met georganiseerde misdaad, dwelmhandel, afpersing, ontvoering of die beskerming van kriminele sindikate aangekla nie.


Cachalia het onthul dat 427 polisielede steeds aktief aan diens was en salarisse ontvang het terwyl dissiplinêre verrigtinge teen hulle hangende was.


Firoz Cachalia. FOTO: Facebook
Firoz Cachalia. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page