Celine Dion maak gereed vir ‘n terugkeer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 31
- 1 min read
Die wêreldbekende sangeres Celine Dion het aangekondig dat sy binnekort weer na die verhoog gaan terugkeer.
Volgens Maroela Media het sy die nuus op haar 58ste verjaarsdag in ’n video op sosiale media gedeel.
Die Frans-Kanadese ster het ook bevestig dat sy konserte vir September en Oktober in Parys beplan.
Dion is in 2022 met ’n seldsame neurologiese toestand, bekend as stiff person syndrome, gediagnoseer wat spierstyfheid en pynlike spasmas veroorsaak.
Sy sê haar gesondheid het intussen verbeter en beskryf haar terugkeer as die beste geskenk.
’n Nuwe liedjie, geskryf deur die bekende komponis Jean-Jacques Goldman, word ook binnekort vrygestel as deel van haar opkomende vertonings.








Comments