top of page

Charlie Kirk is geskiet tydens 'n gesprek oor transgender skieters

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Sep 11
  • 1 min read

President Donald Trump se bondgenoot en jong regse aktivis, Charlie Kirk, is dood in wat deur sommiges as 'n "politieke moord" bestempel word.

Hy is Woensdag op die kampus van die Utah Valley-universiteit in Orem, Utah, geskiet terwyl hy met studente gepraat het.

Al Jazeera berig die polisiehoof van Orem sê ’n “persoon van belang” is in hegtenis geneem.

Die goewerneur van Utah, Spencer Cox, het op ’n mediakonferensie gesê Kirk was ’n eggenoot en ’n pa van jong kinders. Kirk was op die kampus om idees te debatteer in ooreenstemming met sy oortuigings oor die mag van vryheid van spraak.

Volgens 'n verklaring aan Fox News is skote afgevuur vanuit ’n gebou sowat 200m van Kirk af. Hy is getref en dadelik deur sy veiligheidspersoneel weggeneem.

'n Ooggetuie vertel die skietery het tydens 'n gesprek oor transgender skieters en massaskieters gebeur.

 
 
 

Comments


bottom of page