top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Chikunga verwelkom die Inkomstediens se toeganklikheid vir dowes

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
7 days ago
1 min read

Die minister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se Dowes Toeganklikheid- en Kohortprogram amptelik van stapel gestuur om werksgeleenthede en dienste vir dowes te verbeter.


Chikunga sê die inisiatief sal help om meer inklusiewe werkplekke te skep deur vaardigheidsontwikkeling en toeganklike kommunikasie.


Sy doen ook 'n beroep op vennootskappe om werksgeleenthede vir mense met gestremdhede te verbeter, en sê die regering en die privaatsektor moet saamwerk om die 7 %-diensbillikheidsteiken teen 2030 te bereik.


Sindisiwe Chikunga. FOTO: Sunday World
Sindisiwe Chikunga. FOTO: Sunday World

 
 
 

Comments


bottom of page