Cogta distansieer hom van ‘n beplande Griqua-koningkroning

Aug 20
1 min read
Die ministerie van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta) het hom gedistansieer van die beplande kroning van Maurice Vivian Kok as koning van die Griqua-nasie.
Die ministerie het bevestig dat die Kommissie oor Khoi-San-aangeleenthede steeds Kok se aansoek om erkenning as ’n leier oorweeg. Dit voeg by dat nóg minister Velenkosini Hlabisa nóg die departement hom erkenning verleen het.
Hlabisa sê die beweerde kroning is strydig met die bepalings van die Wet op Tradisionele en Khoi-San Leierskap. Die ministerie waarsku dat enigiemand wat aanspraak maak op ’n erkende tradisionele of Khoi-San-leierskapsposisie sonder wettige erkenning, regsgevolge in die gesig kan staar.









Comments