Cosatu eis versekering oor mediese dekking vir afgetrede soldate

6 minutes ago
1 min read
Cosatu het ‘n beroep op die regering gedoen om afgetrede militêre personeel te verseker dat hul mediese dekking steeds gewaarborg is.
Die fonds het na bewering verlede jaar ‘n tekort van R166 miljoen gehad en benodig maandeliks sowat R40 miljoen.
Cosatu se Matthew Parks sê ongeveer 21 000 afgetrede lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en hul afhanklikes kan hierdeur geraak word.
Rosestad-nuus het vroeër berig afgetrede lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag vat die Verdedigingsdepartement hof toe nadat berig is dat duisende militêre afgetredenes en hul gesinne hul mediese dekking vanaf 1 November kan verloor.








Comments