Mangaung se afvalwaterbehandeling het verbeter

Mangaung is die enigste metro waarvan afvalwaterbehandeling volgens die 2025 Groendruppelverslag tussen 2021 en 2024 verbeter het. Dit is egter steeds laag op 43%.
Maroela Media berig daar word nie genoeg voorkomende instandhouding gedoen nie en die metro se behandelingskapasiteit is beperk. Nie een van die 13 behandelingsaanlegte funksioneer behoorlik nie, skroefpompe ontbreek en uitvloeisel beland in die Maselspoortdam, wat ’n bron van drinkwater is.
Alles wat in ’n toilet afgespoel of in ’n drein afgegooi word, behoort behoorlik behandel te word. Onbehandelde rioolwater wat in waterweë en die see beland, kan tot siektes soos cholera lei, die behandeling van drinkwater bemoeilik en rivierekosisteme beskadig.








Comments