top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Cosatu ondersteun plaaslike farmaseutiese produksie

Writer: Saamgestel deur Jana Roos
Saamgestel deur Jana Roos
Aug 22
1 min read

Die vakbond Cosatu verwelkom gesprekke tussen die Departement van Gesondheid en farmaseutiese vervaardigers om plaaslike verkryging te bevorder. Die vakbond sê sterker vennootskappe tussen die regering, sakeondernemings en arbeid kan help om werk te beskerm en te skep te midde van Suid-Afrika se werkloosheidsyfer van 43-komma-agt persent.


Cosatu beklemtoon dat die ondersteuning van plaaslike farmaseutiese produksie ook die bedryf se kapasiteit om Afrika te bedien kan uitbrei en mediese voorraadsekerheid kan versterk. Cosatu se Matthew Parks sê strategiese intervensies kan duisende werksgeleenthede en besighede skep terwyl die uitrol van Nasionale Gesondheidsversekering ondersteun word.


LUISTER HIER:


260821nMatthewParks_pharmaceutical_production

Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page