Daar is geen heksejag, sê 'n Bloemfonteinse skoolhoof
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 20
- 1 min read
Bewerings dat die hoof van die Rosenhof Spesiale Skool in Bloemfontein ’n “heksejag” van stapel gestuur het of privaatspeurders aangestel het ná die petrolbomaanval op haar huis vroeër dié maand is vals.
Volksblad berig die Vrystaatse onderwysdepartement se woordvoerder, Howard Ndaba, het meer as twee weke nadat ’n petrolbom na die huis van die skoolhoof, Nthuseng Davids, gegooi is, gesê die bewerings oor 'n heksejag is vals.
Bronne het vroeër aangevoer dat Davids glo privaatspeurders gebruik het om onderwysers en leerlinge te ondervra en dat dit spanning en vrees onder die meisies veroorsaak het. Een leerling het glo so erg onder druk gevoel dat sy gepoog het om haarself om die lewe te bring.
Rosestad-nuus het vroeër berig die heining om die skool is oopgesny en 'n petrolbom na die huis gegooi.
’n Saak van poging tot brandstigting is aanhangig gemaak. Polisiewoordvoerder, sersant Thabo Covane, kon nie bevestig of iemand al in hegtenis geneem is nie.




Comments