top of page

'n Bloemfonteinse skoolhoof se huis is met 'n petrolbom bestook

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 8
  • 1 min read

’n Petrolbom is na die huis van die hoof van die Rosenhof Special School in Bloemfontein, Nthuseng Davids, gegooi.


Dit is een van ’n reeks voorvalle by dié skool.


’n Bron wat bekend is met die gebeure, het Vrydag aand Netwerk24 gesê Davids glo iemand wat by die skool betrokke is – moontlik ’n leerling of personeellid – is verantwoordelik vir die voorval.


Volgens polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, is niemand beseer nie, en 'n saak van poging tot brandstigting is by die Parkweg-polisiekantoor aanhangig gemaak.


Die voorval kom ná ’n reeks interne probleme by die skool vir meisies met gedragsuitdagings.


Rosenhof was reeds vroeër vanjaar in die nuus nadat ’n werker van die terrein verwyder is ná bewerings van onvanpaste kommunikasie met ’n 15-jarige leerling.


Davids het na bewering nie die nodige protokol betyds gevolg nie en het die werknemer aanvanklik steeds by die skool rondbeweeg.


Die bron sê Davids gebruik nou dié en ander voorvalle om “die waarheid te verdraai” en leerlinge te intimideer.


Woordvoerder van die Vrystaatse onderwysdepartement, Howard Ndaba, het nie op navrae gereageer nie.


Die ondersoek duur voort.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page