Daar is onsekerheid oor die aanbevole nasionale minimumloon
- Saamgestel deur Jana Roos

- Dec 11, 2025
- 1 min read
Die aanbevole verhoging vir die nasionale minimumloon is teruggetrek.
Die Nasionale Minimumloonkommissie het ‘n verhoging van een-komma-vyf persent meer as die inflasiekoers volgende jaar aanbeveel.
Dit beteken dat werkers net meer as 30 rand meer betaal sou word. Volgens berigte kan ongeveer vyf-komma-vyf miljoen werkers by hierdie verhoging baat vind.
Die terugtrekking laat egter onsekerheid oor of die verhoging sal voortgaan.




Comments