top of page

Daar is onsekerheid oor die aantal bek-en-klouseer-gevalle in die Vrystaat

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 21
  • 1 min read

Die onsekerheid oor die getal bek-en-klouseer-gevalle in die Vrystaat is nie net frustrerend nie, maar het ook geldelike implikasies. Netwerk24 berig volgens Vrystaat Landbou (VL) se visepresident, Friedl von Maltitz, neem dit te lank voordat die uitslag van moontlike gevalle bevestig word, en dit vergroot die risiko dat gerugte versprei. Vier gevalle is sedert 10 Julie aangemeld – een op ‘n plaas in die Kroonstad-omgewing, een in die Deneysville-gebied en twee in die Viljoenskroon-distrik. Volgens Von Maltitz is daar glo ook ‘n moontlike geval in die Cornelia-omgewing en boere in die omgewing is onseker of hulle met veilings moet voortgaan, al is die siekte nie op hulle plase nie.

 
 
 

Comments


bottom of page