Daar word gevra dat veesterftes in die Vrystaat tot ramp verklaar word

Aug 19
1 min read
Die African Farmers’ Association of South Africa, AFASA, vra dat die vrektes van meer as 500 beeste in die Vrystaatse Fezile Dabi-distriksmunisipaliteit tot ’n ramp verklaar word.
SABC News berig die beeste het verlede week tydens gure weerstoestande, met swaar reën en sneeu, omgekom. AFASA se hoof van die Landhervormingskomitee, Piet Mothepu, sê die vrektes is ’n tragedie wat die regering se onmiddellike ingryping vereis.
Hy het in Heilbron gepraat tydens ’n drie-dag-program om tydelike hulp aan boere wat geraak is, te bied.
Die organisasie gaan ook die betrokke boere van aanvullings voorsien om toekomstige verliese te help voorkom.









Comments