DAKAR: Lategan se droom kry knou
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jan 12
- 1 min read
Dit was ’n hartseer dag vir Henk Lategan en sy navigator Brent Cummings toe hulle in die sewende skof van die Dakar-tydren laat teruggesak het, nadat hulle op koers was vir ’n tweede skofoorwinning en die algehele voortou.
Mattias Ekström het die skof gewen, wat nou algeheel tweede is, terwyl Nasser Al Attiyah die nuwe algehele voorloper is en Lategan voorlopig vierde lê.
In die motorfietsafdeling het Luciano Benavides die skof gewen ná ’n sterk rit vanaf sesde op die wegspringlys, met Edgar Canet tweede en Adrien van Beveren derde, terwyl Daniel Sanders steeds die algehele voortou behou.
Suid-Afrika se Michael Docherty het sesde geëindig, maar het sy vyfde Rally 2-skofoorwinning verseker en hy bly stewig bo-aan die algehele puntelys in dié afdeling.







Comments