top of page

DAKAR: Sesde titel vir Nasser Al-Attiyah

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 19
  • 1 min read

Die Dacia Sandriders se Nasser Al-Attiyah is Saterdag vir die sesde keer in sy loopbaan as wenner van die uitmergelende Dakar-veldtydren aangewys.


Hoewel hy slegs 36ste in die laaste skof geëindig het, het hy vroeër genoeg voorsprong opgebou om die tydren met bykans tien minute se algehele voorsprong te beklink, met Ford Racing se Nani Roma tweede en Mattias Ekstrom derde.


Suid-Afrika se Henk Lategan moes met ’n 21ste plek tevrede wees ondanks ’n sterk derde plek in die laaste skof, terwyl Toyota Gazoo Racing SA se Saood Variawa die tydren in die tiende plek afgesluit het.


Argentinië se Luciano Benavides het die motorfietsoorwinning met net twee sekondes behaal om sy eerste titel te verseker, met Honda se tweemalige kampioen, Ricky Brabec, in tweede en Tosha Schareina derde.


Nasser Al-Attiyah. FOTO: Red Bull
Nasser Al-Attiyah. FOTO: Red Bull

Comments


bottom of page