top of page

DAKAR: Toyota se Henk Lategan bly boaan die voorloperslys

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 9
  • 1 min read

Toyota se Henk Lategan het sy algehele voorsprong by die Dakar-tydren behou ná ’n moeilike Skof 5 gister in Saoedi-Arabië.


Die Amerikaner Mitch Guthrie Junior het die skof gewen en ’n indrukwekkende een-twee-drie-eindstryd vir Ford aangevoer.


Lategan het 17de geëindig op die 371-kilometer-skof, maar lei steeds Katar se Nasser Al-Attiyah met net meer as drie minute.


Swede se Mattias Ekström bly derde algeheel.


In die motorfietsklas het Argentinië se Luciano Benavides die skof gewen, terwyl die verdedigende kampioen, Daniel Sanders, die algehele leiding herwin het.


Sanders het nou ’n voorsprong van twee minute oor sy Amerikaanse teenstander, Ricky Brabec.


Henk Lategan. FOTO: The Citizen
Henk Lategan. FOTO: The Citizen

Comments


bottom of page