top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Dezzi doen vir ‘n tweede keer om borgtog aansoek

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 16
1 min read

Dezzi Liebenberg, vrou van die vermeende diamantbedreeër Louis Liebenberg, gaan Woensdag opnuut 'n aansoek om borgtog bring.


Dit sal haar tweede poging wees om vir borgtog aansoek te doen.


Netwerk24 berig die verdediging het aangedui sy gaan haar aansoek op 'n nuwe stel feite bring.


Dezzi het die eerste keer in November 2024 aansoek gedoen nadat sy en Louis in Oktober 2024 in Benoni in hegtenis geneem is.


Die voormalige eiendomsagent van Bloemfontein se aansoek het misluk aangesien die hof haar as 'n vlugrisiko beskou het.


Die Liebenberg-egpaar staar aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery in die gesig. Louis sit reeds 695 dae agter tralies.


Die Liebenberg-egpaar, Louis en Dezzi. FOTO: Maroela Media
Die Liebenberg-egpaar, Louis en Dezzi. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page