top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Dezzi vra skielik dat die landdros onttrek

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
7 days ago
1 min read

Dezzi Liebenberg het Vrydag onverwags gevra dat die landdros wat tans die voorsittende beampte in haar borgtogaansoek is, aan die saak onttrek.


Maroela Media berig sy meen dié landdros van die Bronkhorstspruit-landdroshof is bevooroordeeld teenoor haar. Die aansoek kom nadat die betrokke landdros 'n versoek om haar borgtogaansoek te heropen van die hand gewys het.


Liebenberg se regspan wou dokumente indien wat bewys dat Prison to Praise, ’n organisasie sonder winsbejag, volgens haar bereid is om haar finansieel tydens haar borgtogvrylating by te staan.


Liebenberg, vrou van die vermeende diamantsmokkelaar Louis Liebenberg, en verskeie medebeskuldigdes staan tereg op aanklagte van onder meer bedrog, geldwassery en rampokkery in verband met ’n beweerde Ponzi-skema waarin sowat 44 000 mense na bewering byna R4 miljard verloor het.


Dezzi Liebenberg. FOTO: News24
Dezzi Liebenberg. FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page