Die aanklagte teen Fannie Masemola gaan teruggetrek word

Sep 16
1 min read
Die aanklagte teen die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, gaan teruggetrek word.
Volgens 'n verklaring van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die nasionale direkteur van Openbare Vervolging (NDOV), Andy Mothibi, dié opdrag formeel gegee ná ’n hersiening van die aanklagte wat teen hom ingestel is. Die klagte het te make met die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.
Ná afloop van die hersieningsproses is die NDOV tevrede dat daar geen redelike vooruitsigte op ’n suksesvolle vervolging teen Masemola op die aanklagte is nie. Die NDOV het gevolglik opdrag gegee dat die aanklagte teen Masemola teruggetrek word.








Comments