top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die ANC behou sy voorsprong terwyl stemtelling voortduur

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
7 days ago
1 min read

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se paneelbord toon dat 82 % van die stemme vir die munisipale verkiesing reeds getel is.


Die ANC is steeds voor met 31,8 % van die stemme. Die DA is in die tweede plek met 24,1 % gevolg deur die MK-party met 9,3 %. Die EFF het 6,2 % van die stemme gekry.


Die OVK meld dat daar in 92 rade geen algehele wenner is nie, wat op moontlike koalisie-onderhandelinge dui.


Newskoop berig politieke partye stel reeds hul voorwaardes vir koalisiegesprekke uiteen, aangesien daar na verwagting in talle munisipaliteite nie ’n volstrekte meerderheid sal wees.


Ter illustrasie. FOTO: Rosestad-nuus
Ter illustrasie. FOTO: Rosestad-nuus

 
 
 

Comments


bottom of page