top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die ANC in die Mangaung-metro oorweeg nie die DA as ’n koalisievennoot nie

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
1 day ago
1 min read

Die ANC in die Mangaung-metro oorweeg nie die DA as ’n koalisievennoot nie. Dit is volgens die streekvoorsitter van die ANC in Mangaung, Lawrence Mathae.


Mathae het aan Netwerk24 gesê die ANC het egter reeds koalisiegesprekke met die meeste van die ander partye wat in die metroraad verteenwoordig word, gevoer.


Die DA-leier in die Vrystaat, Roy Jankielsohn, het ook bevestig die ANC het nie die party genader om koalisiegesprekke oor die metro nie. Jankielsohn wou egter nie uitwei oor hoe die party se koalisiegesprekke in die Vrystaat verloop nie. Hy sê wel die DA oorweeg alle opsies.


Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder 'n politieke ontleder aan Akademia in die Paarl, Theo Neethling, sê ’n ANC-geleide koalisie met kleiner partye sal waarskynlik net meer van dieselfde vir die Mangaung-metro beteken.


LUISTER HIER:


Ilde Roos

TRANSKRIPSIE:


Neethling meen ’n koalisie tussen die ANC en die DA sal die mees stabiele en eenvoudigste opsie wees. Hoe meer partye in ’n koalisie is, hoe ingewikkelder word dit met elkeen wat sy pond vleis eis en later weens ontevredenheid kan kop uittrek. Neethling sê voorts die DA het ’n bewese rekord van goeie regering en dienslewering, wat nodig is om Mangaung om te keer.


Lawrence Mathae. FOTO: News24
Lawrence Mathae. FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page