Die ANC kritiseer AfriForum oor hul standpunt teenoor terreurdade tydens apartheid
- Ilde Roos

- Oct 15
- 1 min read
Die ANC kritiseer die burgerregteorganisasie AfriForum oor die organisasie se onlangse versoek dat die Khampepe-kommissie ook ANC-lede wat by sake van die Waarheids- en Versoeningskommissie betrek is, moet ondersoek.
Die ANC sê AfriForum wil die geskiedenis herskryf. Die party is van mening dat daar ʼn verskil is tussen dade wat gepleeg is as deel van die bevrydingstryd en misdade van apartheid.
AfriForum het versoek dat die kommissie ondersoek moet instel na politieke inmenging wat ANC-leiers beskerm teen vervolging weens terreuraanvalle tydens apartheid.
Die ANC sê AfriForum se aksie is propaganda wat ontwerp is om die impak van apartheid te minimaliseer en die land se demokrasie te ondermyn.




Comments