Die Good-party vra vir inligting oor misdade uit die apartheid-era
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 13
- 1 min read
Die Good-party sê die burgerregteorganisasie AfriForum moet vorendag kom met enige inligting oor terreurdade wat na bewering tydens apartheid uitgevoer is.
Die organisasie het gedreig om inligting vry te stel oor terreurdade wat na bewering deur die ANC gepleeg is.
AfriForum het die Khampepe-kommissie van ondersoek gevra waarom ANC-leiers nie vir terreurdade vervolg is nie.
Good se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê AfriForum wil nie die ongeregtighede van die verlede erken nie.
LUISTER:






Comments