Die ANC sal nie op stembriewe in Mangaung verskyn nie

Die ANC se naam sal nie op die proporsionele stembrief vir die Mangaung-metro in die munisipale verkiesing verskyn nie. Dit kom nadat die party nie betyds sy proporsionele kandidatelys by die Verkiesingskommissie (OVK) ingedien het nie.
Netwerk24 berig dit beteken die party gaan al die stemme kwyt wees wat sy ondersteuners op dié stembrief sou uitbring.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder die party se lot sal dus deur die steun vir sy wykskandidate bepaal word.
LUISTER HIER:
TRANSKRIPSIE:
Die woordvoerder van die OVK in die Vrystaat, Mmathabo Rasengane, sê die ANC se naam sal nié op die proporsionele stembrief verskyn nie indien die kieshof se besluit van krag bly. 'n Politieke kenner verbonde aan Akademia in die Paarl, Theo Neethling, sê die ANC is diep in die moeilikheid wat Mangaung betref. Hy sê dit is egter te vroeg om te sê die ANC se kans op ’n meerderheid is 100% uitgeskakel.
Die woordvoerder van die ANC in die Vrystaat, Thabo Meeko, het nie op navrae gereageer nie.
Rosestad-nuus het vroeër berig die Verkiesingshof in Bloemfontein het Woensdag die ANC se aansoek om appèl teen die OVK van die hand gewys.








Comments