top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die ANC sê hy sal die Verkiesingshof se beslissing oor die OVK aanvaar

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 8
1 min read

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die party sal die Verkiesingshof se beslissing oor sy uitdaging teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) aanvaar.


Mbalula het Dinsdag die media ingelig oor die ANC se besluit om die OVK in die hof uit te daag oor sy kandidaat lyste vir die komende plaaslike regeringsverkiesings.


Hy het beklemtoon dat die ANC nie die OVK aanval nie.


Mbalula sê die party verskil bloot van die kommissie oor ’n regspunt en het die saak daarom na die hof geneem.


LUISTER HIER:


Fikile Mbalula

Fikile Mbalula. FOTO: Instagram
Fikile Mbalula. FOTO: Instagram

 
 
 

Comments


bottom of page