Die ANC verloor sy appèl

Die ANC het sy appèl teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika, oftewel die OVK, verloor nadat die party nie sy kandidaatlyste vir die komende verkiesing teen die sperdatum ingedien het nie.
Volgens Eyewitness News het die Verkiesingshof in Bloemfontein die ANC se aansoek van die hand gewys.
Die ANC het aangevoer dat die besonderhede van 181 kandidate wel op die OVK se aanlynstelsel vasgelê is, maar dat die finale indiening nie voor die sperdatum afgehandel kon word nie.
Die hof se beslissing beteken die OVK kan voortgaan om die kandidaatlyste vir al die munisipaliteite bekend te maak vir openbare ondersoek voordat die finale sertifikate uitgereik word.
Die ANC sê hy respekteer die regsproses, maar sal verdere regsopsies oorweeg.








Comments