Die Artemis II is gereed vir ‘n historiese maanmissie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Die wêreld hou asem op vir die lansering van NASA se Artemis II-sending, wat vier ruimtevaarders op ’n historiese reis om die maan sal neem.
Volgens Sky News word die kans op ’n suksesvolle lansering as hoog beskou, hoewel weerstoestande en tegniese faktore steeds ’n rol kan speel.
Die sending sal sowat tien dae duur en vorm deel van NASA se plan om mense weer na die maan te neem – vir die eerste keer in meer as 50 jaar sedert die Apollo-sendings.
Die groter doel is om ’n basis op die maan te vestig en dit as ’n springplank vir toekomstige sendings, insluitend na Mars, te gebruik.
Kenners waarsku egter dat die lansering tot op die laaste oomblik onseker bly, met brandstofprosesse en selfs sogenaamde “ruimteweer” wat ’n invloed kan hê.
Intussen sal professor Matie Hoffman, van die Departement Fisika aan die Universiteit van die Vrystaat, en ook verbonde aan die Naval Hill Planetarium, Woensdagaand meer hieroor gesels tydens Met die Maan gepla op Rosestad 100.6FM.








Comments