Die ATM gaan ‘n hofuitspraak oor die Phala Phala-verslag betwis

1 hour ago
1 min read
Die leier van die ATM, Vuyo Zungula, sê die party sal dit oorweeg om te appelleer teen die Wes-Kaap-hooggeregshof se besluit om die Artikel 89-paneelverslag oor Phala Phala tersyde te stel.
Die hof het ook die daaropvolgende afsettingsverrigtinge in die parlement tersyde gestel.
Zungula sê die ATM verskil van die uitspraak en sal met ander partye in gesprek tree oor die instelling van ’n nuwe afsettingspaneel.
Hy voer aan dat die besluit ’n gevaarlike presedent skep en kan verhoed dat die president aanspreeklik gehou word.










Comments