top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Noodherstelwerk veroorsaak wateronderbrekings in verskeie Bloemfonteinse woonbuurte

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
3 hours ago
1 min read

Inwoners van Langenhovenpark en verskeie noordelike voorstede van Bloemfontein kan wateronderbrekings en lae waterdruk ervaar weens noodherstelwerk aan waterpyplyne.


Volgens die Mangaung Metro Munisipaliteit is ’n pyplyn wat Langenhovenpark van water voorsien, deur ’n kontrakteur beskadig. Die betrokke pyplyn sal tydelik afgesluit word sodat noodherstelwerk gedoen kan word.


Intussen het ’n grootmaatwatertoevoerpyplyn by Maselspoort gebars. Herstelwerk sal na verwagting sowat 24 uur duur en raak Bayswater, Dan Pienaar, Westdene, Noordhoek, Naval Hill, Hilton en omliggende gebiede.


Die munisipaliteit sê watertoevoer sal geleidelik herstel word nadat die herstelwerk afgehandel is en die stelsel weer gevul is. Mense word aangeraai om water spaarsamig te gebruik.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page