Die Bainsvlei-gemeenskap is ontsteld nadat 'n inbraakverdagte vrygelaat is

Die Bainsvlei-gemeenskap van Bloemfontein is ontsteld nadat ’n man wat met twee onlangse inbrake verbind word, kort ná sy inhegtenisneming weer vrygelaat is.
Volgens Netwerk24 is die man Maandag aangekeer nadat hy na bewering met gesteelde goedere deur erwe gevlug het. Twee skootrekenaars en ’n vermoedelik gesteelde vuurwapen is glo in sy besit gevind.
Hy word onder meer verbind met ’n inbraak op ’n kleinhoewe in Vergezochtlaan, waar ’n selfoon, koplig en kos gesteel is terwyl ’n 24-jarige man en 14-jarige meisie tuis was.
Die voorsitter van die Bainsvlei-inwonersforum, Henk Smit, sê dieselfde verdagte word ook verbind met ’n tweede inbraak waar die vuurwapen gesteel is.
Die polisie het bevestig dat ses verdagtes Maandag en Dinsdag in verband met verskeie inbrake aangekeer is. Al ses is egter deur die Bloemfonteinse landdroshof vrygelaat.








Comments