Die besering van ’n afgetrede polisiehond word ondersoek

Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, luitenant-generaal Puleng Dimpane, het ’n senior beampte aangestel om die besering en dood van ’n polisiehond te ondersoek.
Die hond, genaamd Sky, is beseer by een van die polisiediens se opleidings- en veeartsenykundige fasiliteite. Sy was nie meer ’n operasionele polisiehond nie, en was by die fasiliteit gehuisves terwyl reëlings getref is vir haar plasing met ’n nuwe eienaar.
Die ondersoek sal haar akkommodasie, toesig, sorg en nakoming van toepaslike prosedures en standaarde ondersoek.
Die polisiewoordvoerder, brigadier Athlenda Mathe, sê die onmiddellike fokus was om te verseker dat Sky die sorg ontvang wat sy benodig.
LUISTER HIER:
Maroela Media berig intussen Sky se toestand het so versleg dat daar geen keuse was as om haar van kant te maak nie.








Comments