Die Cheetahs is weer boaan die Curriebeker-lys
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 24, 2025
- 1 min read
Die Cheetahs het Saterdag met 'n opwindende oorwinning teen die Leeus in Bloemfontein na die bopunt van die Curriebeker-lys teruggekeer. SA Rugby Mag berig afrigter Frans Steyn se span het met 47-31 geseëvier, maar is behoorlik deur die besoekers laat skrik, wat ná 50 minute van 'n agterstand van 33-12 teruggeveg het om die gaping tot slegs twee punte te verminder. Die uitslag het die Cheetahs bo die Boland Kavaliers op punteverskil geplaas, terwyl die Leeus van derde na vierde geskuif het. Die Cheetahs speel volgende Donderdag teen Griekwas in Bloemfontein, terwyl die Leeus die Vodacom Bulls by Ellis Park sal aanvat.






Comments