Die Comrades verskyn nie meer op wedloopkalenders nie

Die Comrades-marathon sal voortaan nie in amptelike wedloopkalenders ingesluit word nie. Atletiek Suid-Afrika (ASA) het aangekondig dat hy hom van dié ultramarathon distansieer. Dit kom aangesien die organiseerders van die byeenkoms nie aan regulasies van KwaZulu-Natal Athletics, ASA en World Athletics voldoen het om die byeenkoms goedgekeur te kry nie nie.
Business Tech berig lede van die Comrades Marathon Association (CMA) het gestem om nie by ASA of KwaZulu-Natal Athletics geaffilieer te wees nie. Die CMA het aangevoer dat daar geen wetlike vereiste is dat die byeenkoms by dié organisasies geaffilieer moet wees nie en dat dit onafhanklik aangebied kan word.
CMA-voorsitter Mark Leathers sê hulle is vol vertroue dat hulle die hulpbronne, ervaring en toewyding het om voort te gaan om ’n wêreldklasbyeenkoms aan te bied.
Die 2027-byeenkoms sal die 100ste Comrades-marathon wees. Dit is ’n belangrike mylpaal vir die wedloop, wat ’n beduidende bydrae tot die omliggende ekonomie lewer.









Comments