top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die CPUT se eerste dag van studente-ontruiming het goed verloop

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 21
1 min read

Die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (CPUT) sê die eerste dag van die ontruiming van studente het Donderdag goed verloop.


Die universiteit het alle leer- en onderrigaktiwiteite opgeskort ná gewelddadige studentebetogings waarin minstens drie mense beseer is en eiendom beskadig is. Skade aan infrastruktuur n࣭á die protesoptog word op een miljoen rand geraam.


Volgens Newskoop het sommige studente sedertdien die instelling verlaat terwyl ander gekies het om te bly. Die universiteit sê dat hulle die veiligheid van diegene wat besluit het om op die kampus te bly, sal prioritiseer.


Intussen berig SABC-nuus die sentrale studenteraad van die CPUT hou Vrydag 'n mediakonferensie. Studente het kommer uitgespreek oor finansiële uitdagings, akademiese dokumente en die voorgestelde finansiële herstelplan vir 2027.


Die CPUT sê hy is nie genooi na die studenteraad se mediakonferensie nie.


CPUT. FOTO: The Citizen
CPUT. FOTO: The Citizen

 
 
 

Comments


bottom of page