Die DA en die burgemeester stamp steeds koppe oor Lourierpark
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 21
- 1 min read
Die uitvoerende burgemeester van die Mangaung Metro Munisipaliteit, Gregory Nthatisi, meen die DA se hofaansoek oor die grondvoorbereidingsprojek langs Lourierpark in Bloemfontein gaan oor politieke beheer.
Netwerk24 berig daarteenoor sê die DA se burgemeesterskandidaat vir Mangaung, Werner Pretorius, die regstappe deur die DA gaan oor die beskerming van inwoners en die versekering dat wettige en verantwoordelike ontwikkeling plaasvind. Hy sê dié aansoek gaan oor die oppergesag van die reg en die menswaardigheid van inwoners.
LUISTER HIER:
TRANSKRIPSIE:
Pretorius sê as daar ooit ’n werklike besorgdheid oor menswaardigheid en die verskaffing van toereikende behuising aan inwoners was, moet die ernstige teenstrydigheid tussen openbare vertoon van besorgdheid oor die lot van arm en hawelose inwoners, en die mislukking om behuising en toegang tot basiese dienste te voorsien, verduidelik word.
Die munisipaliteit is glo herhaaldelik skriftelik uitgedaag om rekords en skriftelike bewys te lewer dat planne vir Lourierpark aan sy eie wette en nasionale wetgewing voldoen, maar volgens Pretorius het dit nog nie gebeur nie.







Comments