top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die DA sê Sello More is nie van finansiële wangedrag-bewerings vrygestel nie

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 9
1 min read

Volgens die DA is die Mangaung Metro Munisipaliteit se stadsbestuurder, Sello More, nie van alle bewerings van finansiële wangedrag vrygestel nie.


DA-raadslid Tjaart van der Walt sê slegs agt van die oorspronklike 18 bewerings is deur die onafhanklike ondersoeker oorweeg.


Verskeie bewerings oor finansiële wangedrag het buite die ondersoek se mandaat geval en is gevolglik nie ondersoek nie.


Die verslag wat aan raadslede voorgelê is, is volgens die DA ongeteken en slegs vier bladsye lank, sonder die volledige ondersoekrekord en ondersteunende dokumente.


Rosestad-nuus het vroeër berig dat die onafhanklike ondersoeker in Julie aangestel is om die bewerings teen More te ondersoek en vas te stel of daar gronde vir dissiplinêre optrede was.


Volgens die Mangaung Metro Munisipaliteit het die ondersoeker bevind dat die bewerings nie volgehou kon word nie en geen dissiplinêre optrede aanbeveel nie.


Sello More. FOTO: Facebook
Sello More. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page