top of page

Die diamantsektor is in die moeilikheid

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 6, 2025
  • 1 min read

Die diamantsektor is volgens die minister van Petroleum en Minerale Hulpbronne, Gwede Mantashe, in die moeilikheid. Mantashe het tydens ‘n vergadering met belanghebbendes in Kempton Park in Gauteng gepraat om kwessies aan te spreek wat die  sektor se groei en transformasie raak. Mantashe is bekommerd oor laboratoriumvervaardigde diamante wat met natuurlike diamante meeding. Volgens hom is 25% van die diamanthandel in die Verenigde State laboratoriumvervaardigde diamante. Die minister voeg by strategiese bemarkingsintervensies is nodig om natuurlike diamante te bevorder.

 
 
 

Comments


bottom of page