Bainsvlei moet nog wag vir krag
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 hours ago
- 1 min read
Inwoners van Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop en Groenvlei sal nog 'n rukkie sonder krag moet klaarkom.
Bloemfontein se kragverskaffer Centlec sê die span is steeds op die toneel waar 'n 11kV-stroombreker by die Limousine-substasie ontplof en verskeie komponente beskadig het.
Die nutsmaatskappy sê die 11kV-paneel is intussen suksesvol getoets en krag is tot by die substasie herstel.
'n Tegniese probleem met die uitgaande toevoerlyne vertraag egter die volle herstel van die kragtoevoer.
Centlec sê tegnici werk steeds aan die probleem en verdere opdaterings sal gegee word namate die herstelwerk vorder.








Comments