top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die DKD kry weer bloedneus oor die oorname van G4S-werknemers

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
2 days ago
1 min read

Die departement van Korrektiewe Dienste (DKD) se aansoek om verlof tot appèl teen die weiering van kondonasie het misluk. Die aansoek was in verband met ’n vroeëre beslissing dat G4S-werknemers outomaties na die departement oorgeplaas moes word.


Netwerk24 berig die jongste beslissing is Dinsdag op ’n virtuele sitting van die parlementêre portefeuljekomitee oor korrektiewe dienste bekend gemaak.


Op die sitting het die parlementêre regsdienste ’n regsopinie oor die arbeidshofuitsprake gegee en die DKD het ’n vorderingsverslag voorgelê oor die oorname van die Grootvlei-maksimumsekerheidsgevangenis, voorheen bekend as die Mangaung-korrektiewe sentrum.


Die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, het gesê hulle is nog nie bewus van die jongste uitspraak nie. Hy sê voordat dié uitspraak gelewer is, kan die departement hom nie tot die appèlafdeling van die arbeidshof wend om ’n petisie te rig nie.


Hy voeg by wat die geval ook al mag wees, hulle gaan appelleer.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page