top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die EFF vra vir beter ondersteuning vir swart boere in die Vrystaat

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7
1 min read

Die EFF in die Vrystaat vra dringende ondersteuning om swart boere kommersieel te ontwikkel.


Die party sê dié hulp moet onder meer masjinerie, produksie-insette, veegenetika, heinings, waterstelsels, marktoegang en mentorskap insluit.


Die provinsiale sekretaris, Malefane Msimanga, kritiseer ook die Departement van Landbou se hantering van die onlangse kouefront-ramp.


Msimanga sê meer as duisend beeste het gevrek en dat die betrokke gebiede tot ’n ramp verklaar moet word.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page