Die einde van lang toue vir ID's en paspoorte is in sig
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 12
- 1 min read
Die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, sê die einde is in sig vir wag in lang rye om vir ID's of paspoorte aansoek te doen. Dié soort aansoeke kan binnekort by Capitec en First National Bank (FNB) gedoen word.
Maroela Media berig dié banke is die eerste wat gekies is om deel te neem aan die departement se nuwe digitale vennootskapmodel, wat die toegang tot slim ID- en paspoortdienste sal uitbrei van die huidige 30 banktakke na meer as 100 in stedelike en landelike gebiede regoor die land en via digitale bank-toepassings.
Schreiber sal Capitec en FNB vandeesweek besoek om verdere inligting te verskaf oor hoe die hervorming tot voordeel van alle Suid-Afrikaners sal wees.





Comments