Die FAK vereer Leon Schuster
- Nadia Pieters

- Oct 1
- 1 min read
Dertig jaar nadat “Hie’ kommie Bokke!” tydens die Rugbywêreldbeker in 1995 gespeel is, het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) Leon Schuster met 'n eretoekenning vir sy lewenslange werk vereer.
In ‘n aanlyn artikel sê die federasie hoewel dié grapjas, poetsbakker, rolprentvervaardiger en storieverteller, wat in Bloemfontein groot geword het, tans gesondheidsuitdagings beleef, het hulle hom by sy huis in Johannesburg besoek om die eerbewys persoonlik aan hom te oorhandig.
Volgens Schuster wil hy graag onthou word as iemand wat vir Suid-Afrikaners vreugde gebring het.
Hy is ook onlangs op kykNET se Silwerskermfees vir die rolprent- en TV-bedryf vir sy lewensbydrae tot die vermaakbedryf vereer.






Comments