top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die gemeenskap span saam om beenmurg vir ‘n jong Vrystater te vind

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 12, 2025
  • 1 min read

In ‘n poging om ‘n beenmurgskenker vir ‘n jong Vrystater te vind, gaan die inwoners van sy tuisdorpe hul beenmurg toets. Volgens Netwerk24 kom die grootskaalse soektog na die 24-jarige George Roos se beenmurg opgehou het om bloedselle met bloedplaatjies te vervaardig. Inwoners van Heilbron, waar Roos groot geword het, en Frankfort, waarna hy onlangs verhuis het, beplan om die week in groot getalle in die verskeie dorpe bymekaar te kom, om te bepaal of hulle vir hom beenmurg kan skenk. Roos is sowat drie weke gelede in Netcare Pretoria-Oos opgeneem waar hy gereeld bloedplaatjies en bloed ontvang. Volgens Roos se pa, George, is daar nog nie duidelikheid waarom sy seun se beenmurg opgehou het om bloedplaatjies te vervaardig nie.

 
 
 

Comments


bottom of page