Die gesondheidsdepartement stel pasiënte gerus oor Enalapril

Aug 28
1 min read
Die Departement van Gesondheid het pasiënte gerusgestel dat Enalapril vyf-milligram tablette steeds veilig is vir gebruik, na die herroeping van sekere 10-milligram tablette.
Volgens die departement raak die herroeping nie die vyf-milligram weergawe wat tans by openbare hospitale en klinieke verskaf word nie. Die herroepte 10-milligram tablette is deur Arya Pharma as ‘n tydelike alternatief verskaf. Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukteraad (Sahpra) het bevestig dat die vyf-milligram tablette aan alle vereiste kwaliteitsstandaarde voldoen.
Pasiënte is aangemoedig om voort te gaan om Enalapril soos voorgeskryf te neem, tensy anders aangeraai deur ‘n gesondheidsorgwerker.








Comments