top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Glen-vrou wat glo haar kleinneef vermoor het, verskyn in die hof

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17
1 min read

Die vrou wat daarvan beskuldig word dat sy haar vyfjarige kleinneef in Glen by Bloemfontein vermoor het, het Woensdag vir die eerste keer in die hooggeregshof hier verskyn.


Netwerk24 berig Vuyiswa Joyce Leeuw bly in aanhouding saam met haar baba, wat nou sowat ses maande oud is. Haar verhoor sal in Februarie 2027 begin.


Leeuw word daarvan beskuldig dat sy Onkarabetse Leeuw in November 2025 vermoor het. Sy lyk is naby sy huis in Glen gevind, nie ver van waar die lyk van Leeuw se driejarige dogtertjie, Katleho Joy Leeuw, die vorige maand aangetref is nie.


Die staat voer aan dat Onkarabetse vermoor is uit weerwraak ná Katleho se dood.


Leeuw se borgtogaansoek het vroeër misluk nadat die staat aangevoer het dat haar vrylating ’n veiligheidsrisiko kan inhou. Volgens die ondersoekbeampte, sersant Jan Greef, het inwoners van Glen die polisie gewaarsku dat Leeuw aangeval of selfs vermoor kan word indien sy na die gemeenskap terugkeer.


Onkarabetse Leeuw. FOTO: Verskaf
Onkarabetse Leeuw. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page