top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Good-party is bekommerd oor die gebrek aan ‘n plan om MIV/Vigs te beveg

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 27, 2025
1 min read

Die Good-party sê hulle is bekommerd oor die regering se gebrek aan ‘n plan om MIV/Vigs te beveg.

Dit is nou drie maande sedert Amerika befondsing vir MIV-programme vir lande, insluitend Suid-Afrika, gesny het. Hierdie besnoeiing in befondsing het gelei tot die ontwrigting van die verskaffing van kritieke dienste aan pasiënte.

Twaalf fasiliteite wat van die fondse afhanklik was, het sedertdien in Suid-Afrika gesluit.

Die Good-party se nasionale jeugvoorsitter, Kaden Arguille, sê die land kan nie kies om nie op te tree in die stryd teen die virus nie.

 
 
 

Comments


bottom of page