top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Polisie in die Vrystaat soek na ‘n 17-jarige wat na bewering verdrink het

Writer: Saamgestel deur Jana Roos
Saamgestel deur Jana Roos
2 hours ago
1 min read

Die polisie in die Vrystaat het twee liggame teruggevind ná verdrinkingsvoorvalle in Qwaqwa en Clocolan, en die soektog duur voort na ’n 17-jarige seun wat na bewering in Lindley verdrink het.


Volgens IOL doen die polisie ’n beroep op ouers en voogde om kinders te waarsku teen swem in riviere en damme, veral tydens warm weer.


Die provinsiale polisiewoordvoerder, adudant offisier Mmako Mophiring, sê die polisie in die Thabo Mofutsanyana-distrik is bekommerd oor die toenemende risiko van jongmense wat verdrink.


Hy sê die voorvalle is ’n pynlike herinnering aan die gevare verbonde aan swem in riviere en damme, veral vir kinders en jongmense wat nie kan swem nie, of wat nie vertroud is met die diepte van die water en die sterkte van die strome nie.


Ter illustrasie. FOTO: Verskaf/argief
Ter illustrasie. FOTO: Verskaf/argief

 
 
 

Comments


bottom of page