top of page

Die Good-party verwerp die DA se voorstel teen Swart Ekonomiese Bemagtiging

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Oct 21
  • 1 min read

Die Good-party sê hulle is gekant teen die DA se wetsontwerp wat poog om die land se Swart Ekonomiese Bemagtigingsbeleid te vervang.


Die DA het Maandag dié Wysigingswetsontwerp bekendgestel. Die party sê die wetsontwerp sal alle rasgebaseerde verkrygingsbepalings herroep en vervang met ‘n stelsel wat armoede teiken.


Good se Sekretaris-Generaal, Brett Herron, sê die DA wil eienaarskap van die land se ekonomie in die hande van apartheidbegunstigdes hou.



Intussen berig Central News dat President Cyril Ramaphosa beklemtoon het dat Swart Ekonomiese Bemagtiging in die grondwet gevestig sal bly, en enige aanpassings die behoorlike parlementêre prosesse sal moet volg.


Ter illustrasie. FOTO: SME South Africa
Ter illustrasie. FOTO: SME South Africa

Comments


bottom of page